Afrikaans | English | Epos: jacky@babyandtots.co.za | Kontak nommer: +27 (0) 82 876 8057

Baba Program: 3-24 maande

Hierdie program is drie maandeliks en kan gebruik word as daaglikse aktiwiteite om 'n baba te stimuleer om ouderdomstoepaslike mylpale te bereik. Ingesluit is 'n kort handleiding en daaglikse roetine.


Mylpale

  1. Die mylpale vir die spesifieke ouderdom word ingedeel in drie maande totdat die babas hul volgende ouderdom bereik het. Dit word ingedeel in die aantal weke oor die drie maande. Dit kan ook oor 2 weke gedoen word
  2. Daar moet mylpale uit al vier die katogorieë gevat word en op 'n weeklikse basis gedoen word.
  3. Dit is raadsaam om dit teen die muur op te sit, sodat die assistente (indien daar is) asook die ouers wat wil help, kan sien wat daardie spesifieke week geoefen word.

Die voorgestelde speelgoedlys is ook handig om vir ouers in die skool te gee, wanneer geskenke vir kinderpartytjies gekoop word.


Mylpale word in die volgende kategorieë verdeel:
  • Kommunikasie vaardighede
  • Motoriese vaardighede
  • Kognitiewe vaardighede
  • Sosiale vaardighede

Let wel dat die dokumente gestuur word in digitale formaat (PDF) en sal aan jou per epos gestuur word, sodra betaling ontvang word.

Indien jy die volledige program koop (3 - 24 Maande), sal die volgende bygelas word in die prys:
  • ** Praktiese Handleiding
  • Daaglikse Roetine
  • Baba Speelgoed lys 3 - 24 months



** Praktiese Handleiding:

  • Die handleiding is die metodiek van hoe, wanneer en waar aktiwiteite aangebied word.
  • Die bemagtiging van assistente asook hoekom sekere werkwyses belangrik is.

Let weld at die praktiese hanleiding gratis bygelas word met die koop van enige van die baba programme.

Die Praktiese Handleiding bestaan uit:
  • Liefdevolle versorging
  • Basiese riglyne vir uitslag, medisyne toediening, higiëne wanneer met babas gewerk word
  • Doekruilings
  • Slaaptyd
  • Maak gereed om te vertrek
  • Riglyne oor die program



Die eerste segment van die Baba program (3-6 Maande) stel ons beskikbaar teen GEEN KOSTE nie, juis om vir ons gebruikers n idee te gee waaroor die program gaan. Kyk gerus daardeur hier onder, deur op die skakel te kliek.



Kliek hier (PDF).
Baba Program (3-6 Maande)



Ander segmente van die Baba Program wat dat beskikbaar is is die (6-9 Maande), (9-12 Maande), (12-15 Maande), (15-18 Maande) & (18-24 Maande). Kontak ons gerus vir meer inligting.



Let asseblief daarop dat alle dokumente in PDF formaat gestuur gaan word.
Indien jy nie n Acrobat Reader het nie, kan jy dit download by acrobat.adobe.com



Riglyne vir Babas

0-3 maande
  • Omdat 'n baba gedurende hierdie tydperk baie min kontrole oor sy bewegings het, is massering baie belangrik. Deur gereelde massering en ligte oefeninge te doen, kan baba gehelp word om sy/haar spiere soepel te maak. Die massering kan gedoen word met baba olie of baba room, nadat hul gebad het. Dit maak hul ook rustig.
  • Dis belangrik dat baba se handjies ook baie oopgemaak word uit die vuis posisie en liggies masseer word van die pols tot by die vingerpunte, aan die bo en onderkant.
  • Wanneer baba se doek geruil word, kan sy beentjies saggies reguit gemaak word en dan weer gebuig word.
  • Hang 'n voorwerp aan 'n lyn bo die plek waar baba se doek geruil word. Stoot die voorwerp baie liggies sodat dit heen en weer voor die baba se gesigveld beweeg. Dit help om sy/haar ogies te oefen.
  • Hou baba styf teen die lyf en beweeg stadig in die rondte en dans met klein bewegings, terwyl daar gesing of sagte musiek gespeel word.
  • Moenie baba blootstel aan harde musiek of harde geluide wat hul laat skrik of senuweeagtig maak. Dit is belangrik dat hul gewoond raak aan huisgeluide soos mense wat gesels, stofsuier, ens.
3-6 maande
  • Baba kan nou dikwels op sy magie geplaas word. As dit ongemaklik is vir hul, maak 'n rol met 'n babakombersie en plaas dit onder hul armpies, om so ondersteuning te bied. Doen dit eers vir 'n klein rukkie en verleng dan die tyd, soos hul gewoond raak daaraan.
  • Hou 'n speelding voor baba of plaas 'n speelding voor hul, sodat daar op die speelding gekonsentreer kan word.
  • Wanneer baba op sy/haar ruggie lê, plaas 'n speelding in hul handjies.
  • Kommunikasie is baie belangrik. Gesels baie met baba. Vertel hul wat jy gaan doen wanneer jy hul droog maak, bottel gee, in die bedjie sit, watse speelding jy gee, maak 'n pop aan die slaap.
  • Vertel baie storietjies met die name van die familie in.
  • Wys prente in baba boeke wat helder is en op 'n plat vlak met min detail. Vertel baba wat dit is.
  • Maak baba gewoond om water te drink.
  • Babas moet blootgestel word aan verskillende teksture. Gebruik afval stukke lap van verskillende teksture en werk dit aan mekaar, soos 'n kombersie en plaas baba daarop.
  • Verf die babakamer met sagte kleure wat rustigheid skep.
  • Lig in die babakamer is baie belangrik.
  • Wanneer baba slaap, moenie sy/haar koppie toegooi nie.
  • Gedurende die somer moet baba met 'n ligte kombersie toegegooi word.
6-9 maande
  • Wanneer baba op sy magie lê gaan hy om sy eie as begin draai. Plaas speelgoed net buite bereik rondom hom. Moedig baba aan om, om te rol tot op sy magie wanneer hy op sy ruggie lê.
  • Kommunikasie is baie belangrik.
  • Speel musiek, sing en dans met baba,
  • "Tummy time" is baie belangrik, dit maak baba se nek en ruggie sterk en laat hom om sy eie as beweeg. Baba moet so min as moontlik in 'n bamboe stoeltjie sit. Plaas baba op 'n kombersie op die mat wat gelyk is.
  • Laat baba vir klein rukkies regop sit met beentjies uitmekaar teen 'n kussing, vanaf 6 maande.
  • Op 8 maande kan baba 'n teddy of ander sagte speelding gegee word. Hulle begin nou geheg raak aan een spesifieke speelding.
  • Laat baba vir klein rukkies op sy knieë en hande staan.
  • Plaas baba op 'n kombersie en trek hom rond.
  • Help baba om uit 'n "sippy cup" te drink. Leer baba om water te drink.
  • Op 9 maande kan baba kleiner voorwerpe manipuleer. Sny kos in kleiner stukkies sodat baba dit self kan vat om te eet.
9-24 maande
  • Baba begin teen voorwerpe opstaan. Maak seker dat alles veilig is in die vertrek.
  • Baba hou nou van 'n speelding wat hy kan stoot en trek.
  • Wanneer 'n boekie vir baba gegee word moet die prentjies groot en duidelik wees. Wanneer dit diere is, moet daar min diere op 'n bladsy wees, en dit moet diere wees wat eie is aan sy land en omgewing.
  • Beperk baba se televisietyd en wees selektief met televisie programme.
  • Speel baie musiek sodat baba kan dans. Wissel musiek af met rustige en meer vrolike kinderliedjies. Motiveer baba om saam te sing.
  • Wanneer baba aangetrek word, vertel hom watse kleur broekie, rokkie, hempie ens. hy/sy aantrek. Doen dieselfde met die handdoek, skoene, kouse, hoedjie ens.
  • Vertel baba watse kos hy eet en hoe dit smaak. Maak hul gewoond aan smake en teksture. Gee baba 'n stukkie, tamatie, komkommer, wortel ens. om te proe. Wanneer dit uitspoeg word, moet nie moed opgee nie, probeer weer die volgende dag en die dag daarna totdat hul die smaak en die tekstuur gewoond is.
  • Beperk baba se suiker inname.
  • Leer baba om self te gaan slaap. Sit hom/haar in hul bedjie met sagte musiek, sy gunsteling speelding en of 'n boekie.
  • Babas hou van roetines. Probeer om baba elke aand dieselfde tyd kos te gee, te bad en te laat slaap.
  • Moenie vir baba dieselfde speelgoed elke dag gee nie. Pak houers vir elke dag sodat hul nie verveeld raak nie.
  • Speel saam met baba terwyl daar gesels word.
  • Speelgoed moet ook geskik wees vir hul ouderdom.
  • Baba moet baie buite toe gevat word indien die weer dit toelaat. Plaas hom/haar op die gras of in die sand vir die tekstuur.
  • Plant saadjies saam met baba en gee dit water sodat hul kan sien hoe dit groei.


Navraag Vorm:

Indien jy meer inligting benodig of n pryslys wil he van die programme, voltooi asseblief die vorm onder en ons sal die nodige inligting vir jou deurstuur.

Volle Name:
Is jy n Ouer of n Onderwyser?:
Voorskool Naam (Indien van toepassing):
Epos:
Tel Nommer:
Stad / Dorp:
Kies asseblief die program wat jy in belangstel:


Voorkeur taal:


Vrae / Kommentaar:

Sleutel Kode in: Onderwys Programme




© Kopiereg 2016 - 2019. Baby & Tots (Voorskoolse Onderwys Gids) | Suid Afrika | Alle Regte Voorbehou.
Epos: jacky@babyandtots.co.za | Kontak nommer: +27 (0) 82 876 8057

Tuis | Wie is Baby & Tots | Baba Program | Peuter Program | Deurlopende Assessering | Musiek Program | Gallery | Werkswinkels | Getuigskrifte | Kontak Ons