Die Deurlopende Assessering program behels die waarneming en assessering van ouderdomme 2-5 jaar om die vordering van kinders in hul mylpale te bepaal.
Dokument bestaan uit n 22 bladsye dokument:
- Kort beskrywende handleiding, vir die gebruik van die dokument.
- 2-3 jaar assessering en konsepte
- 3-4 jaar assessering en konsepte
- 4-5 jaar assessering en konsepte
- 2-5 jaar mylpale vir terugverwysing
- By assessering en konsepte is 2 blokkies vir die eerste en tweede helfte van die jaar om te merk met 'n kruis of regmerk.
- By die konsepte is die aktiwiteit by wat gebruik kan word bv. hoog en laag, vinnig en stadig by grootmotories en musiek
- Die 2-5 jaar mylpale is langs mekaar op een bladsy vir terugverwysing. Indien 'n kleuter nie sy mylpaal op 4 jaar bereik het nie, kan dadelik gesien word wat sy mylpaal op 3 of 2 jaar was sodat dit gedoen word om hom op sy 4 jaar mylpaal te bring.
Let asseblief daarop dat alle dokumente in PDF formaat gestuur gaan word.
Indien jy nie n Acrobat Reader het nie, kan jy dit download by acrobat.adobe.com
Kliek op die foto / skakel onder om n idee te kry wat alles ingesluit is in die dokument.
Navraag Vorm:
Indien jy
meer inligting benodig of n pryslys wil he van die programme, voltooi asseblief die vorm onder en ons sal die nodige inligting vir jou deurstuur.