Afrikaans | English | Epos: jacky@babyandtots.co.za | Kontak nommer: +27 (0) 82 876 8057

Peuter program: 18-36 maande

Hierdie program bestaan uit 20 Temas.

Elke tema strek oor 2 weke om peuter te stimuleer om ouderdoms toepaslike mylpale te bereik. Die temas is progressief gedoen van maklik na moeiliker.

Elke tema sluit die volgende in:
  1. Gebed (Christelik)
  2. Geestelike waardes
  3. Prente vir die temabespreking
  4. Opskrif vir die tema
  5. Besprekingspunte vir 10 dae
  6. 'n Konsep en die hantering daarvan
  7. Rympie
  8. Stimulasie aktiwiteite vir 10 dae
  9. 5 storietjies met prente

Die handleiding sluit die volgende in:
  1. Basiese riglyne vir potjie gereedmaking
  2. Stimulasie program: 26 punte om te let op
  3. Geestelike waardes
  4. Oorplasing van peuters of 'n nuwe aanstelling



Die eerste tema van die Peuter Program (Wie is Ek?) stel ons beskikbaar teen GEEN KOSTE nie, juis om vir ons gebruikers n idee te gee waaroor die program gaan. Kyk gerus daardeur hier onder, deur op die skakel te kliek.



Kliek hier (PDF).

Tema 1 - Wie is Ek?


Kliek hier (PDF).

Tema 1 - Grafika


Let asseblief daarop dat alle dokumente in PDF formaat gestuur gaan word.
Indien jy nie n Acrobat Reader het nie, kan jy dit download by acrobat.adobe.com



Jaar temas vir 18-36 Maande

  1. Wie is ek?
  2. My Lyfie
  3. Waar bly ek?
  4. My Familie
  5. Somer
  6. Water
  7. Dag en Nag
  8. Winter
  9. As ek siek is
  10. Ek hou my lyfie skoon
  11. My huisdiere
  12. Diere op die plaas
  13. Groot wilde diere
  14. Klein wilde diere
  15. Goggas in die tuin
  16. Vrugte
  17. Groente
  18. Kos van die koei
  19. Gevare in en om die huis
  20. Wiele



  • Hierdie program is ontwikkel vir skole en tuisonderrig.
  • By sommige temas word een van die stories vervang met 'n musiekstorie vir gehoorontwikkeling. Hierdie kort storietjies kan vir kleuters, asook graad R kinders gebruik word, omdat dit kort is en terwille van terug vertelling en die teken van die stories.
  • Stories moet vertel word, nie voorgelees word nie!
  • Omdat potjie gereedmaking so belangrik is, en die peuters se konsentrasie baie kort is, moet die tema die tweede week weer herhaal word.

Alhoewel teken nie baie by die stimulasie program ingesluit is nie, moet peuters baie teken, op koerante, ou afvalpapier of teen 'n swart bord met bord kryt ens. Dit help die peuter om sy prent te ontwikkel van krabbel tot pre-skematies.


Hierdie program sluit ook dievolgende in vir elke tema:
  • Handleiding
  • Kuns
  • Alle grafieka vir tema


Navraag Vorm:

Indien jy meer inligting benodig of n pryslys wil he van die programme, voltooi asseblief die vorm onder en ons sal die nodige inligting vir jou deurstuur.

Volle Name:
Voorskool Naam (Indien van toepassing):
Epos:
Tel Nommer:
Stad / Dorp:
Kies asseblief die program wat jy in belangstel:


Voorkeur taal:


Vrae / Kommentaar:

Sleutel Kode in: Onderwys Programme




© Kopiereg 2016 - 2019. Baby & Tots (Voorskoolse Onderwys Gids) | Suid Afrika | Alle Regte Voorbehou.
Epos: jacky@babyandtots.co.za | Kontak nommer: +27 (0) 82 876 8057

Tuis | Wie is Baby & Tots | Baba Program | Peuter Program | Deurlopende Assessering | Musiek Program | Gallery | Werkswinkels | Getuigskrifte | Kontak Ons